Verbondsark

Die dra van die verbondsark (reliëf in die katedraal Sainte-Marie d'Auch.

Die verbondsark (Hebreeus: אָרוֹן הַבְּרִית, ʾĀrôn Habbərît) was in die tradisie van die Hebreeuse Bybel ’n heilige kis. Dit is deur Basaleël gemaak tydens die uittog uit Egipte, by Berg Sinai.[1] Dit was ’n draagbare kis waarin die twee plat klippe met die Tien Gebooie op bewaar is.[2] Dit het gestaan in die Heilige van die Allerheiligste, die binnenste ruimte van die tabernakel, en later op dieselfde plek in Salomo se Tempel in Jerusalem.

  1. Eksodus 25:10-22; 37:1-9
  2. 1 Konings 8:9, 2 Kronieke 5:10

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search